100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Geen arrestasies na transitoroof

Written by on July 18, 2023

Niemand is nog aangekeer in verband met die transitoroof gisteroggend by Emfuleni Park in Kanyamazane buite Nelspruit nie.

Die polisie skat daar was sowat 15 gewapende aanvallers wat die wagte in hul kontantwa aangeval het.

Daar is op die wagte geskiet, maar niemand is getref nie.

Twee wagte is wel beseer toe hul voertuig met ‘n Mercedes gestamp is en omgekeer het.

Hulle word in die hospitaal behandel.

Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom.

Transitoroof op Kanyamazane-pad, 17 Julie 13:12

Sekuriteitswagte van Fidelity is kort na 10:00 vanoggend tydens ‘n transitoroof deur ‘n onbekende aantal gewapende rowers in hul kontantwa aangeval in Swanstraat, ‘n pad wat vanaf die N4 na Kanyamazane lei.

Volgens bronne is niemand geskiet nie, maar het die drie wagte geringe beserings opgedoen weens die impak.

‘n Mercedes wat tydens die transitoroof gebruik is, is op die toneel agtergelaat en uitgebrand.

Plofstof is gebruik maar die wagte se vuurwapens is nie gebuit nie.

Die rowers het glo in twee Ford Ranger-bakkies met ‘n onbekende bedrag kontant in die rigting van Malelane gevlug.

Sien ook: Bouwerk keer dat Laeveld-leerlinge kan terugkeer skool toe


×