100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Curro Nelspruit die beste by nasionale eisteddfod

Written by on March 26, 2021

Curro Nelspruit is as die beste kultuurskool van 2020 aangewys by die Nasionale Allegretto Eisteddfod.
Die laerskool se kultuuronderwyser, Alta Ehrke, is ook as die beste verteenwoordiger in die land aangewys.
Mateo Komlosy is as die beste en mees gewilde sanger aangewys, Danika van Deventer het die tiara-kompetisie gewen, Eleanor Schwizer het ‘n eerste plek behaal in a capella sang en Gabriel Bakker was eerste in drama.

Die 2020 kompetisie is virtueel, via video, gehou. Die 2021-aflewering word in Mei by Curro Nelspruit aangebied.
Ehrke sê dit was die eerste jaar dat die skool volstoom aan die kompetisie deelgeneem het.
“Ek was baie verras om te wen,” sê sy. Sy skryf dit toe aan hul toewyding tydens inperking.

Die ander topprestasies was Mateo wat ook ‘n derde plek behaal het in die drama-kategorie.
Usiphile Danxa was tweede in die a capella sang en Chriske Schwizer derde.
Rossouw van Wyk was tweede in klassieke klavier en derde in die monoloog-afdeling.
Paiton-Rose du Plooy was tweede in skilder en Juanru du Toit derde in Lego.


×