100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kanker-oorlewendes bederf en gevier

Written by on March 26, 2021

KANSA se jaarlikse Relay for Life (RFL) kon in 2020 nie plaasvind nie, weens inperking. Tog is die gees van hierdie spesiale geleentheid belangrik vir die kanker-oorlewendes aan wie dit opgedra is.
Daarom het KANSA Laeveld se RFL-komitee besluit om Woensdag iets spesiaal vir hulle te doen om hulle te vier en te bederf asook die wat aan die siekte afgestaan is, te onthou.

Southern Sun Emnotweni en Michelle Higgo het die wonderlike ontbyt en geskenkpakkies vir versorgers geborg. Die spesiale kersaansteek-seremonie is ook gehou.
Natasha C se lieflike sang het die vermaak verskaf. Organiseerder, Pauline Möller, het al hul borge bedank wat die dag moontlik gemaak het.

Mica Nelspruit het gesigmaskers geborg waarop Minuteman Press die KANSA-kenteken gedruk het.

“Ons hoop om later in die jaar ‘n behoorlike Relay te doen,” sê Möller. “Terwyl ons wag vir die getalle mense om dit toe te laat, doen ons kleiner dinge.”
Opwindende planne sluit in ‘n fliek- en piekniek-aand by Church Unlimited.

Om meer jongmense by RFL te betrek, beplan hulle om tieners te betrek om in hul skole fondsinsamelings te hou. Verder het I’langa Mall vir hulle ‘n dag gegee sodat die kinders kan ysskaats om ‘n Relay op ys te doen.


×