100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Curriebeker: Pumas en Cheetahs vanaand slaags

Written by on March 31, 2023

Die enigste twee spanne wat tot dusver in die Curriebeker onoorwonne is, sê mekaar vanaand die stryd aan.
Die Airlink Pumas reis na Bloemfontein vir hul vierde ronde kragmeting met die Toyota Cheetahs.
Die Cheetahs kon in drie wedstryde sover drie bonuspunte ook aanteken, wat hulle een posisie bo die Pienktruie op die punteleer plaas.
Die Mpumalanga-span was in hul laaste vyf wedstryde teen die Vrystaters drie keer baas, insluitend tydens die halfeindronde in die 2022 kompetisie toe hulle onderweg na hul historiese Curriebeker wen met 38-35 in Bloemfontein gewen het.
Tydens hul groepwedstryd het die Pumas ook met 29-28 in Bloemfontein gewen.
Die Cheetahs se laaste oorwinning teen die Pumas was met 28-17 by Mbombela-stadion verlede jaar.
Die afskop vanmiddag is om 17:05.
Só lyk die Puma-span:

Foto: Devon Williams tydens oefening gister. Foto: Kaptured Concepts


×