100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Curriebeker: Airlink Pumas derde met twee rondes oor

Written by on May 29, 2023

Met twee rondes van die Curriebeker wat oor is voor die halfeindrondes bepaal word, kan sewe uit die agt spanne steeds deurdring na die uitspeelrondes.
Die Cell C Haaie lê na 12 wedstryde bo-aan die punteleer, na hul 35-9 oorwinning met ‘n bonuspunt in Welkom teen die NovaVit Griffons Vrydag.
Die Windhoek Draught Griekwas het hulle ‘n guns bewys deur met 29-29 teen die Toyota Cheetahs gelykop te speel Saterdag in Bloemfontein.
Die Vrystaters het wel steeds drie punte op die leër verdien om in tweede posisie te bly.
Sien ook: Curriebeker: Pumas fokus op dissipline voor Bulle-stryd
Die nederlaag van die verdedigende kampioene, die Airlink Pumas, teen die Vodacom Bulle Saterdag hou hulle derde op die punteleer.
Hulle is vyf punte after die Cheetahs en vyf punte bo die DHL WP, Fidelity ADT Leeus en Bulle wat almal 31 punte het.
Die Griekwas is slegs een punt agter hulle.
Die Pumas speel hierdie naweek tuis teen die Cheetahs en reis volgende naweek na Kimberley vir die finale ronde.
Puntemakers Saterdag
Airlink Pumas 17 (9) – Drie: Devon Williams. Strafdoele: Tinus de Beer (4).
Vodacom Bulls 24 (14) – Drieë: David Kriel (2), Johan Goosen. Verdoelings: Goosen (3). Strafdoel: Goosen.


×