100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Curriebeker: Pumas fokus op dissipline voor Bulle-stryd

Written by on May 26, 2023

Oorwinnings in die Curriebeker vir die WP en Bulle hierdie naweek kan moeilikheid voorspel vir die Airlink Pumas.
Na ‘n goeie begin aan die seisoen kan die verdedigende kampioene tot in die vierde posisie op die punteleer terugsak en daarmee die risiko loop om verbygesteek te word in die twee finale rondes voor die halfeindstryde bepaal word.

Die Pumas lê tans derde op die punteleer, drie punte agter die Cheetahs en Haaie.
Hulle speel môre tuis teen die Bulle, ‘n span wat hulle in hul openingswedstryd in Pretoria met 63-15 geklop het.
Afrigters, Corné Steenkamp en MJ Mentz, gesels met Gerhardt voor die wedstryd.
Luister weer hier.

Die afskop by Mbombela-stadion môre is om 15:35.

*Foto: Die Pumas in aksie teen die Bulle in Pretoria op 12 Maart geneem deur Kaptured Concepts


×