News

Page: 4

Na jare in vlugtelingkampe in Malawi, keer duisende Mosambiekers terug huis toe. Dit is ná ‘n verslapping van spanning tussen Mosambiek se heersende Frelimo-party en die opposisie, Renamo. Die VN-vlugtelinge-agentskap, die UNHCR, het bevestig duisende vlugtelinge het na drie jaar in die Luwani-vlugtelingkamp, teruggekeer. Volgens die UNHCR het meer as 12 000 Mosambiekers vanaf 2015 […]

Greenpeace het Mpumalanga as die wêreld se grootste lugbesoedeling-gebied, geïdentifiseer. Die organisasie het sy bevinding gebaseer op data wat tussen Junie en Augustus vanjaar ingesamel is. Dit dui aan dat Mpumalanga, wat 12 steenkoolkragkragsentrales huisves, dra die grootste hoeveelheid stikstofoksied tot die atmosfeer by. Greenpeace-Afrika se Melita Steele het gesê daar is voorheen berig dat […]

Die gesin van ‘n Suid-Afrikaanse man is verpletter deur wat hulle beskryf as sy geheimsinnige verdwyning in Mosambiek – blykbaar vir die tweede keer. Club of Mozambique berig dat owerhede egter sê André Hanekom is in hegtenis geneem – nie ontvoer nie – en dat hy ‘n aantal aanklagte in die gesig staar. In Augustus, […]

Twee kontant-in-transito rooftog-beskuldigdes, Fanike Mnisi en Sibusiso Mokoena, het voor die Kabokweni-streekshof verskyn op aanklagte van gewapende roof. Die mans is verlede Donderdag deur lede van Mpumalanga se CIT-taak in hegtenis geneem, ná ‘n ondersoek wat hulle aan kontanttransito-saak, van verlede jaar, koppel. Daar word beweer dat die verdagtes die SBV-gepantserde voertuig in die Kanyamazane […]

Spoedkamera Afgebrand – Pat Ngomane, MPUMALANGA-gemeenskapsveiligheids- en sekuriteitslid, het die verbranding van ‘n spoedkamera op die R40-pad, veroordeel. Die snelheidskamera – tussen Mbombela en Witrivier naby Rocky Drift – is Sondag aan die brand gesteek. Ngomane het ‘n beroep op wetstoepassers gedoen, om nie afgeskrik te word nie, maar om voort te gaan met goeie […]

Vier mense is Saterdagoggend dood toe ‘n vragmotor op die N4 naby Schagen in Nelspruit, omgeslaan het. Privaat nooddiensverskaffer, ER24, het gesê paramedici het net na agt uur op die toneel aangekom, waar hulle bevind het die vragmotor is heeltemal oopgeskeur. Al vier insittendes, drie mans en ‘n vrou, is noodlottig beseer. Hulle is op […]

Die polisie ondersoek die omstandighede rondom ‘n voertuig-ongeluk waartydens twee mense by die Kruger Nasionale Park verlede week, dood is. Volgens SANParke is die twee dood nadat hulle betrokke was by ‘n ongeluk tussen die Olifants- en Letaba-kampe. SANParke het gesê die twee mense was dagbesoekers. Aanvanklike verslae dui daarop dat daar geen ander voertuig […]

‘n Mpumalanga-polisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n paartjie se motorvoertuig gesteel het. Die polisie het in ‘n verklaring gesê die beampte was aan diens en het ‘n staatsvoertuig bestuur toe hy na bewering ‘n motoris van die pad gedwing het. Die polisieman het toe na die voertuig gegaan en die bestuurder saam […]

Die hooggeregshof in Nelspruit het Doce Arcodano – van Balfour – gevonnis tot lewenslange gevangenisstraf en ‘n verdere 58 jaar. Dit volg na hy skuldig bevind is aan twee aanklagtes van ontvoering, twee aanklagtes van roof met verswarende omstandighede, een telling van moord, en een telling van poging tot moord en diefstal. Volgens die Nasionale […]

Ses belangrike sindikaatlede wat betrokke was by ‘n massiewe handel in renosterhorings, is gister in verskeie dorpe in Mpumalanga in hegtenis geneem. Die inhegtenisneming is gemaak deur die Valke wat deur Teen-Intelligensie, Spesiale Taakmag, SAPD Forensiese Wetenskapsdiens, SANParke, die Departement van Omgewingsake, SARS en Doeane, insluitend die Nasionale Vervolgingsgesag, ondersteun is. Tydens die klopjag is […]


Current track

Title

Artist

Background