Featured
Page: 275
Innibos gaan dalk nie meer aan die einde van Junie kan plaasvind nie. Die fees, wat vroeër vanjaar weereens die Fiësta-toekenning as beste kunstefees in die land gewen het, sou vanaf 24 tot 27 Junie plaasgevind het. Sandra Jacobs, bemarkingsbestuurder van Innibos, sê “die span gaan voort met die feesbeplanning en dat, as dit nie […]
Presies 22 jaar gelede op Paasmaandag, het Tracy Todd Heine se lewe eensklaps handomkeer verander. Sy en haar eksman en hulle baba was op pad terug van die Oos-Kaap na die Laeveld. Dit was ʼn lang rit en Tracy se babaseuntjie het kriewelrig geraak. Sy het haar sitplekgordel los gemaak om sy doek te ruil. […]
Op Sondagaand 12 April het miljoene mense wêreldwyd gekyk na die Music for Hope-konsert wat gratis op Andrea Bocelli se YouTube-kanaal gestroom kon word. Die Londense Daily Mail berig dat nagenoeg 3.4 miljoen mense diep aangeraak is terwyl hulle hierna gekyk het. Die 61-jarige Italiaanse operasanger wat sedert sy 12de lewensjaar blind is, was in […]
Op Dinsdagaand 7 April het die volmaan weer die asem weggeslaan en van oraloor is volmaanfoto’s op sosiale media gedeel. Een van die mooiste volmaanfoto’s wat die volgende dag op Facebook gedeel is, is die een wat Joep Stevens van die volmaan bo die ikoniese treinbrug by Skukuza geneem het. Stevens is SANparke se hoofbestuurder […]
Luister meer op jou radio.
Vir eers is die aftel van die laaste sewe dae tot die beëindiging van die staat van landwye inperking tot ’n halt geroep. Suid-Afrikaners sal nog moet wag tot 30 April voordat die streng inperkingsmaatreëls verslap sal word. So het pres. Cyril Ramaphosa gisteraand in ʼn televisietoespraak gesê. Ramaphosa het Suid-Afrikaners geloof vir die manier […]
Die Kommunikasiedirektoraat van die Mpumalanga Departement van Gesondheid doen ʼn dringende beroep op enigeen wat die Malelane SuperSpar vanaf Vrydag 27 Maart tot en met die sluiting van die winkel betree het om na vore te kom en getoets te word vir COVID-19. Dit sluit ook enigeen in wat by die buitelandse valuta-kantoor binne in […]
Met President Cyril Ramaphosa se aankondiging van ‘n ekstra twee weke tot die inperkingtydperk toegevoeg hou die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees organiseerders steeds duime vas dat daar ‘n kans is dat die fees in Junie mag voortgaan. In ‘n plasing op die fees se sosiale media bladsye, enkele minute na die President se toespraak, het […]
Luister meer op jou radio.