100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Featured

Page: 210

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê Covid-19-infeksies in die land toon tekens van ‘n volgehoue afwaartse neiging. Suid-Afrika het die afgelope 24 uur 3 961 nuwe gevalle aangemeld, wat die totaal sedert die begin van die pandemie op 2 858 195 te staan bring. Die meeste nuwe gevalle was in KwaZulu-Natal met 28%, gevolg […]

Die polisie het ‘n mannejag geloods na die verdagtes wat ‘n 39-jarige vrou Dinsdag in Pienaar doodgeskiet het. Volgens kol. Donald Mdhluli was die vrou alleen in haar voertuig toe dit om ongeveer 11:45 deur ‘n wit Mercedes Benz voorgekeer is. Twee gewapende aanvallers het uitgeklim en haar geskiet. Hulle het glo ook kontant uit […]

Tom Armitage, ‘n gr. 10-leerling aan Penryn College het onlangs sy C-gradering as valkenier behaal. Penryn is die enigste skool in die land wat dié sport aanbied. In Suider Afrika is daar net twee ander skole, beide in Zimbabwe, wat dit aanbied. Steve van Rensburg het dit begin toe hy as onderwyser by Penryn College […]

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Geliefde Laevelder in frats valskermongeluk dood, wetgewer stem in om Barberton-rioolkrisis te ondersoek en NHS-ontvangsdame aangewys as Kantoorkampioen 2021. Luister die week se hooftrekke hier.    

‘n Nuwe realiteitsreeks wat in sewe SANParke-reservate afspeel, sal vanaf 7 Oktober op die kassie begin draai. Die 13-week-lange “Away for Repair” het vier spanne deelnemers van twee elk wat tydens die reeks werk aan hul verhoudinge met mekaar. Daar is ‘n ma en dogter, twee sussies, ‘n getroude paartjie en twee vriende. Die aanbieders […]

Die baie geliefde Hilmar Backer is Sondag in ‘n fratsongeluk dood terwyl hy en ‘n vriend, Rudi Serfontein, in Delmas ‘n valskerm gespring het. Hy is wyd beskryf as iemand wat elke dag voluit geleef het, ‘n rolmodel was vir ander, wonderlik was met kinders, en vreesloos avontuurlustig was. Sy vriendin Denise von Zweel en […]

Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) wat op 1 Julie in werking getree het, is op alle ondernemings en industriëe van toepassing. Plaaslike bemarkingsafrigter, Alison Blair, het raad vir veral bemarkers oor hoe om binne die wet op te tree, want onkunde is nie ‘n verskoning nie. In die eerste aflewering van […]

Vir Hoërskool Bergvlam se Louise Fullard is aanlyn digitale onderrig ‘n passie. Nie net het sy al toekennings gewen vir hoe sy dit lank voor die pandemie in haar lesse aangewend het nie, maar dit is ook die tema van haar verdere studie. “Ons kan nie meer skoolhou soos in die 20ste eeu nie,” sê […]

Hoërskool Nelspruit (NHS) se ontvangsdame, Theresa de Wet, is as Solidariteit se Kantoorkampioen vir 2021 aangewys. Die Gilde vir Kantoorpraktisyns se gala-aand is verlede week in Pretoria deur die top 25 kandidate in die land bygewoon. Van hulle was drie uit Nelspruit afkomstig. De Wet is as die algehele wenner aangewys en het vanoggend die […]

Elvis Blue gaan die Laeveld vanaand vermaak tydens die sesde en laaste aflewering van die In Jou Huis-konsertreeks. Dit word aangebied in samewerking met Innibos, kykNet en Radio Laeveld. Jo Black, Jak de Priester, Charl du Plessis, Refentse en Roan Ash was die afgelope maande reeds aan die beurt. Bywoning na die optrede is slegs […]