100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Aanlyn digitale onderrig hier om te bly

Written by on September 7, 2021

Vir Hoërskool Bergvlam se Louise Fullard is aanlyn digitale onderrig ‘n passie. Nie net het sy al toekennings gewen vir hoe sy dit lank voor die pandemie in haar lesse aangewend het nie, maar dit is ook die tema van haar verdere studie.
“Ons kan nie meer skoolhou soos in die 20ste eeu nie,” sê sy. “Ons moet fokus op ons 21ste eeu uitkomste: kommunikasie, kritiese denke, ‘collaboration’, kreatiwiteit.”
Sy gee toe almal nie gelyke toegang het tot tegnologiese hulpmiddels nie. Haar raad is: Doen wat jy kan met wat jy het, maar doen dit nou. As jy een selfoon het, wend dit aan vir leer.
Fullard se leuse is om ander ook te bemagtig. “Draw your mark, make an impact and leave a legacy that is pleasing to God,” sê sy.
Sy vertel vir Gerhardt hoe die Covid-19-pandemie die omarming van die vierde industriële revolusie versnel het. Luister weer hier na die gesprek.


×