100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Bestuurder borgtog geweier na twee matrieks sterf

Written by on October 15, 2020

Die taxi-bestuurder wat beskuldig word dat hy Maandag twee gr. 12-meisies hul lewens gekos het in Bosbokrand, is borgtog geweier.
Volgens die departement van onderwys se Gerald Sambo, was die bestuurder glo besig om van verkeersbeamptes te vlug toe hy beheer oor die voertuig verloor het, en in ‘n groep meisies ingeploeg het.
Hulle was leerlinge aan Hoërskool Makhosana Manzini in Mkhuhlu. Hulle was op pad huis toe na ‘n eksamen.
Liyanda Ngwenyama en Lucracia Khoza is dood. Twee leerders is ook beseer en na Matikwane-hospitaal gehaas.
Die een is reeds ontslaan. ‘n Vierde meisie word steeds in die hospitaal behandel.
Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, het haar gister besoek.
Hy het ook die oorlede meisies se families Woensdagmiddag besoek.

“Ons is regtig geskok deur die nuus. Dit is elke ouer se wens om hul kinders te sien grootword. Om die nuus te kry dat jou drome aan skerwe lê, is hartverskeurend vir enige ouer,” het hy gesê.
‘n Begrafnisdiens sal Saterdag om 07:00 by die skool vir die dogters gehou word.
Die departement het berading aangebied vir al die leerlinge wat die ongeluk gesien het en wat daardeur geraak word.
Die man wat aangekla word se naam is nog nie bekend nie. Hy het Dinsdag in die Mhkuhlu-landdroshof verskyn.
Volgens die woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, staar hy twee klagte van moord in die gesig.
Hy bly in aanhouding tot hy weer op 21 Oktober verskyn om vir borgtog aansoek te doen.


×