100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Teerpaaie weer oopgestel in Krugerwildtuin na oorstromings

Written by on February 13, 2023

Teerpaaie in die Krugerwildtuin is weer oopgestel na oorstromings in die Suide gister SANParke genoop het om dit te sluit.

Volgens woordvoerder, Ike Phaahla, bly gondpaaie as ‘n voorsorgmaatreël gesluit.

Buiten Krokodilbrug en Onder-Sabie is alle ruskampe oop.

Biyamiti, Talamati, Balule en Sable Hide-kampe is tans gesluit.

Die Skukuza-lughawe is ook operasioneel.

Alle toegangshekke is oop, behalwe vir Krokodilbrug.

Geen groot skade aan infrastruktuur is tot dusver aangemeld nie.

==========

Opdatering: 12 Februarie 2023, 12:00

Alle paaie in die suide van die Krugerwildtuin is tydelik gesluit weens oorstromings met watervlakke wat aanhou styg.

Volgens SANParke-woordvoerder, Ike Phaahla, word gaste ontruim uit Talamati-kamp.

Die Skukuza-gholfbaan is gesluit. Besoekers is aangeraai om binneshuis te bly. Nog swaar reën word verwag.

==========

11 Februarie 2023, 13:49

Die Krugerwildtuin het begin om besoekers uit kampe te ontruim weens wydverspreide oorstromings na swaar reën sedert Woensdagaand.

Sien ook: KYK: Sterk strome en skade met nog storms op pad na die Laeveld

Volgens ‘n woordvoerder van SANParke, Ike Phaahla, geld dit vir Onder-Sabie, Krokodilbrug en Biyamiti.
Gaste is gister reeds uit Talamati-kamp verskuif. Besoekers kan nie hierdie kampe bereik nie.

Alle ander kampe is oop. Buiten Krokodilbrug is al die toegangshekke oop.

Geen beserings is aangemeld nie, hoewel ‘n toeriste-voertuig by ‘n brug in water vasgesit het.

Besturende beampte, Oscar Mthimkhulu, vra dat besoekers geen brûe wat oorstroom probeer oorsteek nie, omdat dit baie gevaarlik is.

Vermy ook die paaie wat gesluit is en grondpaaie.

Grondpaaie in die suide is as ‘n voorsorgmaatreël gesluit.

Die teerpad tussen Onder-Sabie en Skukuza is gesluit.

Die pad tussen Skukuza en Satara is weer oopgestel.

Noodspanne monitor die situasie in die noorde van die park waar riviervlakke ook begin styg.

Watervlakke na die Lonely Bull-brug styg en sal na verwagting die pad tussen Phalaborwa en Mopani affekteer.

Nog reën word verwag.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ‘n oranje vlak 5-waarskuwing vir ontwrigtende reën uitgereik vir vandag.

Kontak die Krugerwildtuin se noodnommmer vir enige hulp by 076-801-9679 of 013-735-0197/4064.
Volg SANParks – Kruger National Park op Facebook vir opdaterings.

Voornemende besoekers is aangeraai om hul besprekings eerder te skuif en hul besoeke uit te stel.
Die sentrale besprekingsnommer is 012-428-9111.


×