100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

KYK: Sterk strome, skade met nog swaar reën op pad

Written by on February 10, 2023

Nog swaar reën is voorspel vir die Laeveld tot ten minste môre.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku beduidende oorstromings is moontlik weens grond wat reeds versadig is en vol riviere.
‘n Deel van die R40 tussen Witrivier en Hazyview het verspoel, ongeveer 2 km noord van die Swartfontein-afdraai na Klipkoppie-dam.

‘n Oranje vlak 9-waarskuwing is uitgereik vir ontwrigtende reën.
Die Laeveld en Hoëveld van Mpumalanga kan tot Saterdag donderstorms verwag met swaar reën.
Vygeboom-dam het vanoggend op 102% gestaan.

Longmere-dam het die afgelope 24 uur weer 80 mm reën ontvang (sien hooffoto).
In Witrivier en Brondal is 100 mm aangeteken terwyl dit steeds reën.

By Kiepersol is 110 mm in 14 uur aangeteken.
Een inwoner rapporteer dat daar sedert Woensdag tot vanoggend 250 mm in Marloth Park geval het. By Hectorspruit is 51 mm reë. oornag aangeteken.
Kyk video
Die Krokodil-rivier by Hall’s in Mbombela:

Graskop-waterval:

Sien ook: Kampe in die wildtuin ontoeganklik weens oorstromings

 


×