100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kampe in die wildtuin ontoeganklik weens oorstromings

Written by on February 10, 2023

Vier kampe sowel as verskeie paaie en brûe in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) is ontoeganklik weens oorstromings.
Geen bedreiging vir mense of dierelewens is al aangemeld nie.
‘n Woordvoerder van SANParke, Ike Phaahla, sê die Onder-Sabie-, Krokodilbrug-, Biyamiti- en Talamati-kampe word erg geraak en is ontoeganklik.
Hulle monitor deurlopend die situasie en is in kontak met die gaste in die kampe.

Krokodilbrug-hek is tans gesluit en dit is ook nie moontlik om tussen Satara en Skukuza of Onder-Sabie te reis nie.
Gaste van Talamati is na Satara verskuif.
Nog reën word verwag. Alle besoekers is gewaarsku om grondpaaie te vermy.
“Moenie kanse waag en die kamp verlaat sonder om by die bestuur of ontvangs uit te vind oor die toestand van die paaie wat jy beplan om te gebruik nie.”
Hou SANParks – Kruger National Park op Facebook dop vir opdaterings.
Gaste is ook genooi om hul besprekings te verander.
Maureen Oxlee Jarratt, ‘n inwoner van Marloth Park, het hierdie vergelykende foto’s gedeel.


×