100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Barberton polisiestasie sluit nadat polisielid positief toets

Written by on June 5, 2020

Die polisiestasie in Barberton sal tot Sondag gesluit wees, nadat ‘n polisielid positief vir Covid-19 getoets het.
Volgens Mpumalanga se polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, is sy Dinsdag in die hospitaal opgeneem en getoets.
Die positiewe uitslag is Donderdag ontvang en die stasie tydelik gesluit.
Volgens Hlathi word al die kollegas met wie die lid in kontak was, tans getoets.

Die gesondheidsdepartement het ook vandeesweek met siftingstoetse in Mbombela begin.
Van Woensdag tot Vrydag is inwoners van Sonheuwel, uitbreidings 1 en 6, Stonehenge en West Acres, uitbreiding 26 aan die beurt.
Maandag tot Woensdag sal die spanne in Steiltes, Valencia en Nelsville omgaan.
Volgens die departement vind die toetse daagliks tussen 08:30 en 14:00 plaas.
Hulle het die gemeenskap gevra om saam te werk aangesien dit een van die voorsorgmaatreëls teen die verspreiding van die virus is.

Amptelik is daar 137 Covid-19-gevalle in die provinsie – sewe meer as die dag tevore.
Daar ook ses aktiewe gevalle in die Mbombela-area. Agtien van die totaal 24 bevestigde gevalle het reeds van die virus herstel.
Nkomazi het ook 24 gevalle, waarvan drie aktief is. Die twee areas het die meeste van alle munisipale areas in Mpumalanga.
Volgens die gesondheidsdepartement het hulle reeds 3 355 021 siftingstoetse uitgevoer, waarvan 1 398 135 in Ehlanzeni-distrik was.

Intussen is lede van die Barberton polisiestasie in self-isolasie.
Die stasie sal na verwagting weer Sondag heropen. Tot dan word ‘n tydelike struktuur langsaan as stasie vir dienste gebruik.
Gemeenskapslede kan die polisie in Barberton ook by 082-923-1593 skakel.

 


×