100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Alles wat jy van Maandag se verkiesing moet weet

Written by on October 29, 2021

Met die plaaslike verkiesing om die draai, sê die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) hulle is slaggereed.
Spesiale stemme word Saterdag en Sondag uitgebring. Stemdag is amptelik Maandag van 07:00 tot 21:00.
Die OVK se Ehlanzeni-verteenwoordiger, Teecee Chembeni, sê dat solank jy in die ry staan teen 21:00, jy toegelaat sal word om jou stem uit te bring.
Hy verduidelik dat jy drie stembriewe kry. Op die wit een kies jy die raadslid vir jou wyk en op die gele die PR-raadslede vir jou plaaslike munisipaliteit.
Hierdie proporsionele verteenwoordigers beslaan gewoonlik die helfte van ‘n munisipale raad se setels. Hoe meer stemme ‘n party in die hele munisipaliteit kry, hoe meer setels wen hulle op die raad. Dit word volgens elke party se kandidatelys aan individue toegeken.
Op die derde stembrief stem jy vir die distriks-munisipaliteit. (In die Laeveld is dit Ehlanzeni).
‘n Totaal van 1,9 miljoen mense is in Mpumalanga geregistreer om te stem. Van hulle is 53% vroue.
Chembeni sê daar sal by stemlokale streng by Covid-19-protokolle gehou word.

As jy onseker is by watter stemlokaal jy geregistreer is om te stem, SMS jou ID-nommer na 32810 of besoek www.elections.org.za vir meer inligting.


×