100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Alles wat jy moet weet oor die Mpumalanga Skou

Written by on August 22, 2022

Woensdag skop die eerste Mpumalanga Show sedert 2019 by Mbombela-stadion af. Hierdie familiefees bied iets vir almal.
Lyzelle van Wyk het vir Ludi vertel wat alles vanjaar nuut is by die skou. Luister weer hier.

Elke dag is daar ‘n magdom kunstenaars op die drie verhoë te sien, insluitende plaaslike talent.
“Ons het na die vorige skou in 2019 reeds begin beplan aan 2020 en kunstenaars betaal om op te tree, so ons kon nou al daardie reëlings weer opneem,” sê sy.
Woensdag is Ray Dylan, Armand Hofmeyr en Demi-Lee Moore die hoofkunstenaars, Donderdag Rooksein en Van Pletzen, Vrydag Jan Jan Jan, Refentse en Ricus Nel en Saterdag Juanita du Plessis saam met Franja en Ruan sowel as First Project, Snotkop, die Ndlovu Youth Choir en Bok van Blerk.
Daar is natuurlik perdevertonings, rofstoei, die sirkus (sonder diere), monstertrokke (en soveel meer vir die petrolkoppe), ‘n wye verskeidenheid lewende hawe (met kamele!) en ‘n braaikompetisie.
Vanjaar is daar ook vir die eerste keer ‘n avontuureiland met massiewe glybane ens. sowel as ‘n kunste afdeling met kunswerke wat tydens die skou uitgestal word.
Al die vermaak is ingesluit by jou toegangskaartjie – slegs ritte in die pretpark, in ‘n monstertrok en die “drifting” kos meer.
Kinderoppassers kyk na die kleinspan in die speelarea en parkering is beskikbaar rondom die stadion. Hekke open elke dag om 09:00.


×