100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Airlink verbyvlug vir Curriebeker-finaal beplan

Written by on June 23, 2023

Die naamborg van die Pumas, Airlink, beplan om môre, ter ondersteuning van die Mpumalanga rugbyspan, ‘n verbyvlug te hou voor die Curriebeker-eindstryd.
Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse:

Die Airlink Pumas beoog om hul eerste Curriebeker-titel, wat hulle verlede jaar gewen het, te verdedig.
Die wedstryd is teen die Cheetahs by Toyota-stadion in Bloemfontein. Die afskop is om 16:00.
Die span bly onveranderd van verlede week se halfeindronde.
Stonehouse het vir oulaas voor hul vertrek vanoggend saam met Marius van Rensburg in die ateljee kom vertel van die beplande Airlink verbyvlug.
Luister hier:

Het jy geweet?

  • Die eindstryd Saterdag is die 33ste Curriebeker-kragmeting tussen die twee spanne
  • Die grootste dag nog in die geskiedenis van Vrystaat rugby was toe hulle die Curriebeker vir die eerste keer op 25 September 1976 in die destydse Vrystaat-stadion teen die WP gewen het
  • Daar is teen gistermiddag reeds 25 000 kaartjies na die finaal verkoop en ‘n skare van 30 000 word verwag
  • Met die skopskoen wys die puntestand dat Thinus de Beer (Pumas) en Ruan Pienaar (Cheetahs) beide 114 punte aangeteken het die seisoen.

Sien ook: Curriebeker eindstryd: ‘Enigiets kan gebeur’


×