100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Afwagting bou voor Pumas t. Griekwas in Mbombela

Written by on June 9, 2022

Dit is #PumaWeek en slegs ‘n wedstryd teen die Griekwas staan tussen die Airlink Pumas en die Curriebeker halfeindronde. Die Pumas benodig vyf punte op die punteleer om hulself van ‘n plek in die halfeindronde te verseker. Dit beteken ‘n wen met ‘n bonuspunt vir vier drieë aangeteken.
Phumzile Maqondwana skerts die spelers wil Vrydagaand wraak neem op die Griekwas vir die nederlaag wat hulle in Kimberley gely het.
Kaptein Willie Engelbrecht sê hulle verwag ‘n taai wedstryd.

Hulpafrigter, Riaan Lamely, het ‘n bietjie verklap oor hoe hulle beplan om die besoekers die loef af te steek.

Afrigter, Jimmy Stonehouse, en uitvoerende hoof van die Pumas, Marius van Rensburg, is dit eens hoe baie hierdie wen vir die span sal beteken.

Buiten die tuisskare, tel dit ook in die Pumas se guns dat hulle nie hoef te reis nie. Agterlyn-afrigter, MJ Mentz, sê die span is daarom nog nie 100% gefinaliseer nie. Hulle het gelukkig geen nuwe beserings in die kamp nie.

Die afskop op Mbombela-stadion Vrydag is om 18:00. Kaartjies beloop R30 vir volwassenes, en R10 vir kinders. Dit is beskikbaar by Computicket sowel as by die kaartjiekantoor by die stadion tydens werksure, sê stadion-bestuurder, Roelf Kotze.

*Plaaslike ondersteuners daag mekaar om die hele week Pumas klere by die werk te dra, onderling mekaar uit te daag om die wedstryd te ondersteun en werkgewers word gevra om werknemers wat moeite doen ten minste ‘n #HalfdagVrydag te gee en selfs die kaartjies vir hulle te borg.
Jy kan ‘n getekende Pumas rugbytrui wen – en pizzas vir die kantoor – mits jy die grootste gees het. Stuur vir ons ‘n video wat jul gees demonstreer by 061-496-4323 of plaas dit op sosiale media en merk ons daarin om ‘n kans te staan om te wen.


×