100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Etienne van Wyk se moordenaar kry 25 jaar

Written by on June 9, 2022

Dit het 15 jaar geneem, maar die man wat in Januarie 2007 vir Etienne van Wyk (29) in sy huis in Steiltes, Mbombela, vermoor het, is vir 25 jaar tronk toe gestuur.
Ronnie Mafika Nkosi (44) is gister in die Nelspruit-streekshof gevonnis na hy Maandag skuldig bevind is. Hy is ook ‘n addisionele vyf jaar vir huisbraak opgelê.
Van Wyk was ten tyde van sy moord ‘n sakeman. Hy was in sy jonger dae ook ‘n professionale fietsryer wat in 1998 as die land se o.23-padfietskampioen gekroon is.
Volgens luit. kol. Philani Nkwalase is Nkosi in Oktober 2022 aangekeer.
Die Mpumalanga Valke se woordvoerder, kapt. Dineo Sekgotodi, het destyds gesê dat hy die aand van die moord toegang tot die perseel verkry het deur ‘n gat in die heining om die agterplaas te sny. Hy is deur forensiese bewyse aan die moord gekoppel.


×