100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

AfriForum reik hand uit na Liznica House of Hope

Written by on August 31, 2022

Die Nelspruit-tak van AfriForum het Liznica House of Hope gehelp met ‘n skenking van doeke en basiese benodighede.

Die plek van veiligheid sien om na babas wat deur hul ouers weggegooi is.

Angelene Fourie, ’n lid van die tak, sê dit is ‘n voorreg om Liznica te ondersteun, aangesien die koste van doeke en basiese benodighede die laaste tyd skerp gestyg het.

Hier is Niekie Cronje, Monique le Roux, Ryno De Bruin, Liza Labuschagné, Devon McCullough en Angelene Fourie.

In Witrivier het die AfriForum-buurtwag die afgelope week vyf nuwe tweerigtingradio’s ontvang. Dit sal kommunikasie tussen buurtwaglede verbeter en die loods van veiligheidsoperasies in die dorp vergemaklik.

Arlo van Heerden,  distrikskoördineerder vir die Laeveld, sê swak sein en ontoeganklike terrein maak dit vir buurtwaglede moeilik om tydens patrollering met ander buurtwaglede te kommunikeer.

“Vir AfriForum is die gemeenskap se veiligheid een van sy hoofprioriteite en daarom wil ons verseker dat ons buurtwaglede al die regte toerusting het wat hulle in die veld benodig. Hierdie tweerigtingradio’s sal dus ’n direkte en positiewe invloed op die veiligheid van die Witrivier-gemeenskap hê,” sê hy.


×