Sekuriteitsbaas vas wat glo vals misdaad aanmeld
Written by Mireille on March 5, 2025
‘n 53-jarige eienaar en direkteur van ‘n sekerheidsmaatskappy verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof op aanklagte van meineed en die aanmeld van ‘n vals misdaad.
Hy is gister in Mbombela deur lede van georganiseerde misdaad gearresteer weens bewerings dat hy vuurwapens verkoop het, en hulle toe as gesteel aangemeld het.
Dosyne vuurwapens, insluitende jaggewere en pistole, is glo ter sprake.
Volgens die polisie het hy dit aan ‘n ander sekuriteitsfirma verkoop.
Die polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, sê die koper is wettig en het die wapens ook geregistreer, wat dit onmoontlik maak om te konfiskeer.
Die waarnemende polisiekommissaris, gen. maj. Zeph Mkhwanazi, het die belangrikheid van vuurwapenbeheer beklemtoon, in die lig van die gebruik daarvan in geweldsmisdade.
Hy het ook sy kommer uitgespreek oor die ernstige aard van die bewerings, en nogal teen iemand wat binne wetstoepassing werk.
Luister:
Sien ook: Pangolarium toegewyd aan ietermagogs