100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man wat glo grafte opgrawe in Masoyi bly in aanhouding

Written by on May 2, 2025

‘n 28-jarige* man verskyn Maandag weer in die hof op aanklagte wat verband hou met die skending van grafte.

Elken Kenneth Mokoena is Maandag in hegtenis geneem nadat hy na bewering die grafte van sy pa en oupa in ‘n begraafplaas in Swalala in Masoyi naby Witrivier opgegrawe het.

Mokoena het eergister in die Masoyi-landdroshof verskyn.

Die saak is uitgestel vir hom om regsverteenwoordiging te bekom. Hy bly in aanhouding.

Man gearresteer wat glo pa en oupa se grafte opgrawe in Masoyi, 30 April

‘n 29-jarige man is Maandag in hegtenis geneem nadat hy na bewering die grafte van sy pa en oupa in ‘n begraafplaas in Swalala in Masoyi naby Witrivier opgegrawe het.

Albei sy familielede is in 2010 begrawe.

Volgens die polisiewoordvoerder, brig. Donald Mdhluli, sal hy aangekla word van die skending van die grafte wanneer hy vandag in die Masoyi-landdroshof verskyn.

Luister:

*Mokoena se ouderdom is aanvanklik as 29 jaar oud aangedui deur die polisie.