100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

WoF-span vertrek ‘n vyfde keer na Kanada

Written by on June 5, 2023

Meer as 200 brandbestryders van Working on Fire (WoF) het Saterdagoggend na Alberta in Kanada vertrek om veldbrande te help bestry.
Dit is die vyfde ontplooiing van WoF na Kanada.
Sien ook: Laevelders help brande bestry in Kanada
#Mzansi1 het vanaf die Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI)-lughawe vertrek.

‘n Tweede span van sowat 200 brandbestryders en 13 bestuurders sal oor ongeveer by die #Mzansi1 aansluit.
Hul ontplooiing sal na verwagting 35 dae duur.
‘n Tweede span van sowat 200 brandbestryders en 13 bestuurders sal oor ongeveer by die #Mzansi1 aansluit.
Lees meer oor die WoF-program hier.
Alberta het vanjaar sover meer as 550 veldbrande ervaar wat beduidende skade aangerig het aan eiendom en infrastruktuur.
Volgens WoF is duisende mense verplaas en is ontruimingsbevele in verskeie areas uitgereik.
Die Suid-Afrikaanse span het voor hul vertrek vir drie dae opleiding by Kishugu Training in Mbombela ondergaan.


×