100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Laevelders help ook brande bestry in Kanada

Written by on August 11, 2021

‘n Totaal van 109 brandweer- en bestuurslede van Working on Fire (WoF) sal vanaand in die provinsie Manitoba aankom om Kanada te help met brandbestrydingspogings.

Die land ervaar reeds vir weke vernietigende brande en het ‘n samewerkingsooreenkoms met Suid-Afrika dat hulle mekaar met hulpbronne help.
WoF-woordvoerder, Linton Rensburg, sê die afvaardiging het gisteraand vertrek. Dit is die vierde keer dat WoF-lede Kanada met brandbestryding bystaan.
Hulle sal na verwagting vir 34 dae ontplooi wees.

Van die totaal is verskeie lede uit Mpumalanga en die Laeveld afkomstig. Hulle is bestuurder vir operasies op grondvlak in die Hoëveld, Walter Khoza, sowel as Bongani Sifunda (Barberton), Sipho Mlotshwa (Badplaas), Sphilile Khumalo (Piet Retief), Siphesihle Makhubu (Wakkerstroom) en Sibusiso Ngobeni (Mlambongwane).
“Ons hoop en vertrou dat dit sal goed gaan,” sê Rensburg.


×