100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Wiseman Khumalo heraangestel as munisipale bestuurder

Written by on March 25, 2022

Wiseman Khumalo is vandag vir ‘n vyf jaar termyn aangestel as Mbombela-munisipaliteit se stadsbestuurder.
Khumalo het aanvanklik by Mbombela aangesluit as waarnemende hoof finansiële beampte in Julie 2017. In September 2018 is hy permanent deur die stadsraad aangestel.
In Oktober 2019 is hy op ‘n twee jaar kontrak aangestel as munisipale bestuurder na sy voorganger, Neil Diamond, bedank het. Khumalo se kontrak is weens die uitgestelde plaaslike verkiesing in 2021 verleng.
Die raad het vandag, tydens ‘n spesiale raadsvergadering, gestem om hom ‘n volle vyf-jaar kontrak te gee.
Cyril Chuene, hoofsweep van die DA in die raad, sê hulle verlang ‘n omkeerplan binne 30 dae.

Dit moet volgens die DA planne bevat vir die vuil en stukkende toestand van die dorp en sy paaie, betaling van die uitstaande Eskom-rekening en die munisipaliteit se ander krediteure, optrede teen amptenare wat sake doen met die munisipaliteit, asook om tenderprosedures meer deursigtig te maak.
“Ons ondersteun sy aanstelling met voorbehoud, onderhewig daaraan dat hierdie kwessies aangespreek word,” sê hy.
“Hierdie munisipaliteit moet weer volhoubaar word om die nodige dienste aan mense te lewer.”


×