100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Willie Smit takel 1 000 kilometer op oefenfiets

Written by on April 16, 2020

Willie Smit is amper daar. Dié professionele fietsryer wat oorspronklik van Nelspruit afkomstig is, het Dinsdag middernag met ‘n 1 000-kilometer fietsrit begin. Weens inperking doen hy alles op ‘n oefenfiets.
Smit het vroeër vanjaar by Burgos-BH, wat in Spanje gebaseer is, aangesluit.
Hy is in Andorra en sê weens die inperking kon hy nie voor die uitdaging ‘n waaier aanskaf om hom te help afkoel nie.
Hy is ook reeds 2 000 meter bo seevlak – en sal tydens die fietsrit 8 000 meter klim.
Smit poog om die afstand in 33 ure te voltooi. Hy wil ook $10 000 insamel vir die ontwikkeling van fietsry in Suid-Afrika.
Na meer as ‘n dag op sy oefenfiets het hy Donderdag om 08;00 die laaste 150 kilometer aangedurf.
Volg sy Zwift-rit hier:


×