Weermaglid steek kollega dood voordat hy selfdood pleeg
Written by Mireille on June 23, 2025
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het bevestig dat die aanval deur ‘n weermaglid op medesoldate Saterdagoggend by die Macadamia Militêre Basis naby Komatipoort ‘n mesaanval was.
Daar is vroeër berig dit was ‘n skietery en dat drie mense dood is. Slegs twee mense is dood na die aanvaller homself in die nek gesteek het.
Die weermagwoordvoerder, Prins Tshabalala, sê hul name word weerhou tot hul families in kennis gestel is.
Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.
Luister:
Audio Player