100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Weerdiens waarsku oor nog reën en moontlike oorstromings

Written by on December 8, 2021

‘n Vlak 4 geel waarskuwing is uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) vir ontwrigtende reën en gepaardgaande oorstromings in die Mpumalanga hoëveld, suide van Limpopo en ooste van Gauteng tot 23:00 vanaand, Woensdag 8 Desember.
Dit volg na swaar reën en hael in dele van die Hoëveld gister strome en riviere se vlakke drasties opgestoot het. Beeldmateriaal van die Elandsrivier en Waterval by Waterval Boven is wyd versprei op sosiale media.

Die woordvoerder van die provinsiale departement van samewerkende regering, Lindiwe Msibi, sê geen mense is tydens gister se oorstromings as vermis aangegee nie, en geen groot infrastruktuur is tot dusver as beskadig aangemeld nie.
Rampbestuurspanne assesseer egter nog die skade op grondvlak.
Msibi het ook bevestig dat alle rolspelers op ‘n hoë gereedheidsvlak geplaas is vir die komende reënseisoen, waarvoor buitegewone goeie reënval voorspel is.
TRAC het gewaarsku dat motoriste moontlike vertragings kan verwag op die N4 die volgende paar dae, terwyl hulle skade aan die padoppervlak tussen Dalmanutha- en Machado- kruisings ondersoek.
‘n Erge haelstorm het gister veroorsaak dat die pad tydelik gesluit was toe die Winnaarspoort-rivier oorstroom het. Die rommel het na verwagting skade aan die nuwe pad veroorsaak, waarvan die omvang bepaal moet word.
Kommunikasiebestuurder, Solange Soares, sê dit is vir mense se veiligheid, en hulle is gevra om liefs geduldig te wees.


×