100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas kondig nuwe titelborg vir 2022 aan

Written by on December 9, 2021

Phumzile Maqondwana is gisteraand by die Mpumalanga Rugbyunie se toekenningsaand aangewys as die Pumas Curriebeker-speler van die jaar.
Hy is ook as voorspeler van die jaar bekroon by die geleentheid by Mbombela-stadion.
Die spelers se Speler van die Jaar is Pieter Janse van Vuren.
Maqondwana sê dit is vir hom ‘n baie groot eer – so ook om deur sy medespelers gereken te word as een van die seisoen se uitstaande spelers.

“Dit is merkwaardig. Jy spandeer soveel tyd saam met hulle, dag in en dag uit. Ons baklei, ons lag, ons gaan saam deur veldslae op die veld. Vir hulle om jou so te eer en waardering te wys is iets wat niemand ooit van jou af kan wegneem nie,” sê hy.
Maqondwana sê dit was ‘n moeilike jaar, en die toekoms kan net beter wees.
“My eie toekoms laat ek in God se hande. Waar ek wanneer ek gaan, vertrou ek op Hom. Ek wil net aanhou doen wat ek lief voor is so lank as wat ek kan.

“Een ding wat ek altyd sal onthou, is iets wat afrigter Jimmy (Stonehouse) baie oor praat, is oor hoe goed ons is as individue en hoe ons dit moet glo en alles doen wat jy kan om nie foute te maak nie. Jy hoef nie foute te maak nie en jy hoef nie die ou te wees wat oorgesien word nie. Jou tyd sal kom.”
Bongani Rainmaker is ook aangekondig as die span se nuwe titelborg vir die 2022 seisoen. Die maatskappy se Wim du Preez sê die Pumas-span is inspirerend.
“Die span het hart en hulle is altyd die buiteperde. Hulle wen soms groot spanne en as jy kyk wat hulle het, teenoor die groot spanne, doen hulle dit teen alle verwagtinge in,” sê hy.
“Ons kan eintlik nie ons geluk glo dat ons in die posisie geplaas is om die hoofborg te kan word nie. Dit was ‘n baie maklike besluit. Ons hoop om ‘n lang pad met hulle te loop.

“Ons is verbind tot ‘n jaar, maar sal kyk hoe dinge gebeur. Hulle is vasbeslote om in die Curriebeker-finaal te speel. Dan gaan die borgskap baie duurder word. Ek hoop ons kan by die span byhou.”
Mpumalanga Rugby se voorsitter, AG Visser, sê hulle is positief dat hulle in 2022 die geleentheid sal kry om ‘n hoëvlak toets aan te bied “en die stadion tjok-en-blok vol te maak”.
Visser het die uitvoerende hoof, Marius van Rensburg, geloof vir sy bestuur die afgelope jaar.
Volgens Van Rensburg is hulle is ‘n sterk eenheid en almal wat hulle ondersteun bedank. “Wat veronderstel was om borgskappe te wees, het ontwikkel in vriendskappe.”

*Foto’s: Hennie Homan | HH Photography and Design


×