100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Weerdiens voorsien reënerige naweek

Written by on April 5, 2024

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku ‘n afsny-laedrukstelsel sal lei tot wydverspreide buie, sterk wind en hewige donderstorms die naweek en vroeg volgende week.

Hoofvoorspeller, Kevin Rae, sê die swaarste reën word Sondag en Maandag verwag met die suide, sentrale en oostelike binneland wat die meeste geraak sal word.

Tropiese vog uit buurlande kan lei tot verspreide buie, met ‘n risiko van oorstromings, oor die sentrale en oostelike dele:

Luister hier: ENG-RaeOnWeather

Sien ook: Vroue raak al hoe dieper in die skuld

Grafika: So lyk die vooruitsig vir Sondag.


×