100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Watertekorte in Mbombela weens beurtkrag

Written by on December 9, 2022

Mbombela-munisipaliteit sê hulle ervaar watertekorte in al vier streke weens die hoë fases van beurtkrag.
Fase 6 van beurtkrag is Woensdag deur Eskom ingestel. Dit is vanoggend na fase 5 verlaag.
Watertenks sal ontplooi word waar moontlik, maar die tekorte ontstaan by die pompstasies waar genoegsame water nie gesuiwer kan word nie.
Die owerheid het ‘n pleidooi gerig aan alle verbruikers in Mbombela om water báie spaarsaam te gebruik.
Hy sê die situasie sal voortduur totdat beurtkrag na ‘n laer fase afskaal.
Silulumanzi, wat Nelspruit van water voorsien, het gister reeds ‘n pleidooi gerig aan verbruikers om water te spaar.
Die watervoorsiener het gistermiddag in ‘n verklaring gesê al hul waterwerke ervaar tot ses ure op ‘n slag kragonderbrekings weens fase 6 van beurtkrag en lasvermindering.
Dit benadeel hul vermoë om water te suiwer en deur die netwerk te versprei. Alle reservoirs is ten beste kritiek laag.


×