100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ockie Strydom wen Alfred Dunhill-kampioenskap

Written by on December 12, 2022

Die Suid-Afrikaner Ockie Strydom het gister die Alfred Dunhill-kampioenskap by Leopard Creek met twee houe gewen.
Hy speel reeds 13 jaar op die Sonskyntoer. Hy moes reeds 19 keer met ‘n tweede plek tevrede wees. Sy enigste vorige wen was die 2019 Vodacom Origins of Golf by Sishen-gholfklub.
Hy het in sy vorige sewe verskynings by Alfred Dunhill nog nooit binne die top 50 geëindig nie. Voor die toernooi in Malalane was hy 384ste op die wêreldranglys.
Hy was aan die begin van die finale dag gelyk voor saam met die Skot Scott Jamieson op 15 onder na hy in die derde ronde Jamieson se baanrekord van nege onder-syfer 63 van Vrydag geëwenaar het.
Strydom het met ‘n laaste ronde van 69 op 18 onder baansyfer klaargemaak. Dit was sy eerste oorwinning in die DP Wêreldtoer.
Die Spanjaard Adrian Otaegui was tweede op 16 onder met ‘n finale ronde van 68.
Laurie Canter van Engeland het in die derde plek geëindig met 15 onder baansyfer op 64.
Nog twee Suid-Afrikaners, Branden Grace en Oliver Bekker, was saam met die Kanadees Aaron Cockerill gelykop in die vierde plek.

Foto: Johan Orton


×