100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Waterkrisis in Barberton weens voortslepende ‘staking’

Written by on August 8, 2022

Inwoners van Barberton en Emjindi sukkel reeds etlike dae met watertekorte.
Volgens DA-raadslid, Philip Minnaar, is daar verskeie groot lekkasies aan pype. Hy sê die krisis word vererger deur die beskikbaarheid van materiaal en personeel.
Sommige werknemers van Mbombela-munisipaliteit het verlede week onwettig gestaak, maar is beveel om terug te keer werk toe. Mbombela het ook beloof om dissiplinêr teen hulle op te tree.
Lees die vorige berig hier: Mbombela beloof aksie teen onwettige stakers
Minnaar sê in Barberton sleep dit egter voort, met ‘n klein groepie mense wat hard werk om die water te herstel.
“Dit lyk asof van hulle stadig staak – hulle is by die werk, maar werk nie noodwendig nie en belemmer hul kollegas.”
In Bownessstraat en Presidentstraat het groot pype gebars het. Daar is ook ‘n groot lekkasie in die Krugerstraat-omgewing met ‘n kleiner een in Sheba.
Pypbreuke in Openstraat en Verulamstraat sou vandag eers herstel kon word weens ‘n gebrek aan materiaal.
Toevoer moet ook afgesny word om die lekkasies te kan herstel.
Die gevolg is dat die reservoir op 3% staan, en hoogliggende areas nie van water voorsien kan word nie.
“Dit rig net groter skade aan ons infrastruktuur aan,” sê Minnaar. “Dit is so onregverdig teenoor gemeenskappe, jy kan nie sonder water nie.
“Ons is dankbaar vir diegene wat wel werk. Hulle werk hard en lang ure.
“Ons hoop Mbombela hou by hul woord om op te tree teen die mense wat onwettig staak.”


×