100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mbombela beloof aksie teen onwettige stakers

Written by on August 5, 2022

Mbombela-munisipaliteit sê hulle doen alles moontlik om te verseker die Springbok Rugbykampioenskapwedstryd teen die All Blacks môre verloop vlot.
Dít na van hul werknemers gister tydens ‘n onwettige staking in die sakekerns van Nelspruit en Barberton amok gesaai deur met rommel strate te versper.
Dié aksie is vanoggend voortgesit in Barberton. Volgens Mbombela is ‘n ultimatum aan hulle gestel om terug te keer werk toe, en sal daar dissiplinêr opgetree word teen werknemers wat deelgeneem het.

“Ons is bewus van die ongerief wat dit veroorsaak het. Ons bly daartoe verbonde om alle pogings aan te wend om te verseker besoekers is veilig en dat die wedstryd sal voortgaan sonder enige hindernisse.
“Dit is in die stad se beste belang om ‘n onvergeetlike ervaring aan die land en gemeenskap te bied, soos ons al tevore by soveel geleenthede gedoen het.”

Die VF Plus het die staking voor die deur van die munisipaliteit gelê. Volgens raadslid Freddy Robertson was dit om druk op die munisipaliteit te plaas vir hoër salarisse op ‘n tyd wat die area baie besoekers verwelkom vir die All Black-rugbytoets. Hy sê die party verwelkom hoe die nuut verkose algemene bestuurder, Luckie Sihlangu, regmatige aksie geneem het teen die stakers, maar dat dit nooit sou gebeur het as daar die afgelope paar jaar strenger dissipline en beter bestuur in die departement was nie.


×