100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Innibos 2023: Wanda Zonke honger om aan te hou leer

Written by on June 14, 2023

Die plaaslike saksofoonspeler, komponis én dirigent van Church Unlimited, Wanda Zonke, open tydens Innibos die Loof Hom Innibos-konsert vir Jo Black saam met die kerkorkes.
Hy is ook tydens die fees, wat op 29 Junie in Mbombela afskop, te sien by die Mopani-verhoog in die Wingerd Kuiertuin op die feesterrein by Hoërskool Bergvlam.
Hy vertel vir Ludi en Mireille hoekom hy so baie daarna uitsien om saam met Jo te werk, en wat hy by ander musikante se style leer.
Luister weer hier:

Watter ander plaaslike kunstenaars is in die Wingerd Kuiertuin te sien? Luister hier: Natascha C by Wingerd Kuiertuin op verhoog by Innibos

Innibos vind van 29 Junie tot 2 Julie in Mbombela plaas.
Kliek hier vir die volledige Innibos-program en skakels na kaartjieverkope.
Die Innibos-kantoor is op die hoek van De Villiers- en Anneckestraat by Sonpark-sentrum in Mbombela geleë.


×