100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vrywillgers genooi om hospitaal-personeel te ondersteun

Written by on January 22, 2021

Mediclinic het lede van die publiek genooi om as vrywilligers hul mediese personeel in hospitale by te staan.
Dr. Estelle Coustas, Mediclinic Suid-Afrika se hoof van verpleegkunde, sê die program is in Julie van stapel gestuur, maar personeel het nou meer ondersteuning nodig as ooit met die dat hospitale soveel besiger is weens die tweede golf Covid-19-infeksies.
Hulle kan in ‘n kliniese of adminstratiewe hoedanigheid help. Almal sal die nodige opleiding ontvang.
Volgens Coustas sien hulle ook al hoe meer hoe gemeenskappe uit hul eie die personeel ondersteun, deur byvoorbeeld kos af te lewer.
By Nelspruit Mediclinic help Lifeline ook om personeel berading te gee.
“Die personeel het dit nodig. In die intensiewesorgeenheid is baie pasiënte met angs, en getraumatiseerde families,” sê sy. “Ons is dankbaar dat dit nou ook deur die gemeenskap gedryf word.”

Die ondersteuning word baie waardeer, voeg sy by.
“Dit is baie moeilik vir personeel. Uit my eie ervaring weet ek in die situasie waarin ons nou is, funksioneer jy op ‘autopilot’. Dit is eers wanneer dit verby is, dat jy die nagevolge sien.”
Sy voeg by dat hulle hoofkantoor twee keer ‘n week met hospitale praat. “Hulle sê hulle kan dit nog, onder omstandighede, hanteer.
”Dit is vir ons belangrik dat ons hospitale ondersteun word, sodat die personeel kan aanhou om te doen wat hulle doen.”
Mense met en sonder ‘n mediese agtergrond kan op hul webtuiste by https://www.mediclinic.co.za/en/corporate/corona-virus/covid-19-volunteering.html aansoek doen om deel te word van die groep se formele program.
Daar is tans 8 540 aktiewe gevalle van die virus in die provinsie met 826 nuwe gevalle wat in die laaste 24 uur aangemeld is.



×