100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vlammies kies leiers vir 2022/23

Written by on September 9, 2022

Hoërskool Bergvlam se bestuurskomitee vir 2022/23 is Dinsdag ingehuldig.
Die prosesie is gelei deur Sadiya Ameer en Jacques Klopper, die 2021/22 presidente.
Skoolhoof Deon Visser het die nuwe presidente en voorsitters van elke portefuelje uitgeroep voor die klokluiseremonie wat deel vorm van alle amptelike seremonies van die Vlammies, en respek vir mekaar versinnebeeld.
Jaelyn de Vries en Christiaan Burger is aangewys as die presidente vir 2022/23 met Gomo Moeletsi en Naledi Theledi as adjunkpresidente.

Jaelyn de Vries

Christiaan Burger

Die tesourier is Blessing Dhlamini en Janel van Wyk is die sekretaresse.

Naledi Theledi

Gomo Moeletsi

Die voorsitters is:
Sport: Thando Maseko en Charlize Ndlovu
Akademie: Ndumiso Skhosana
Kultuur: Katiso Sedibe
Bemarking: Michélei Morgan
Sosiaal: Lourenzo Shakwane
Uitreike: Ingi Thwala
Waardes en tradisies: Unathi Sengwayo.


×