100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Sakekamer voorsitter bedank na sosiale media plasings

Written by on September 9, 2022

Die Kruger Laeveld kamer vir sake en toerisme (KLCBT) het aangekondig dat past. TJ Maré as voorsitter van die sakekamer sowel as al sy portefeuljes by die KLCBT bedank het.
“Sy bedanking spruit uit plasings op sy private sosiale media platforms wat ondersteuning aan die ou landsvlag voorgestel het,” sê president Sandra Jacobs in ‘n verklaring.
Sy voeg by dat die raad dit waardeer het dat hy uit vrye keuse bedank het en uit respek vir die KLCBT se mandaat om sake en ‘n samehorige en verenigde samelewing te bevorder.
Maré het ook om verskoning gevra. “Dit is nie uit haat of rassisme gedoen nie. Ek het tot die besef gekom dat my plasings pyn veroorsaak het en daarvoor is ek opreg jammer,” sê hy.
Die voormalige ondervoorsitter van die sakekamer, Ferdi Bijzet, is tydens ‘n raadsvergadering as waarnemende voorsitter aangestel tot verkiesings weer in 2023 gehou word.
Oupa Pilane bly voorsitter van toerisme, met Denis Goffinet ondervoorsitter.
Sakkie van Rooyen is die ondervoorsitter van die sakekamer.


×