100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vierde moordverdagte in die hof oor Hillary Gardee

Written by on August 25, 2022

Hlabirwa Rasie Nkune het vandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn vir die moord op Hillary Gardee, wie se liggaam in Mei in ‘n plantasie buite die stad ontdek is.
Nkune word ook aangekla van die moord op drie ander vroue in Mpumalanga.
Hy sal op 9 September weer verskyn saam met die ander drie aangeklaagdes in die Gardee saak:
Sipho Lawrence Mkhatshwa, Philemon Lukhele en Albert “Khabzela” Gama.
Hulle word aangekla van moord, verkragting, ontvoering, sameswering om te moor, regsverydeling en besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.

Die polisie in Mpumalanga vra die publiek se hulp om die liggaam te identifiseer van ‘n man wat gister in die Mgwenya-rivier naby Karino buite Nelspruit ontdek is.
Die onbindende liggaam se hande was agter sy rug vasgebind.
Die provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, het enigiemand met inligting gevra om dit met die polisie te deel.

Twee mans, waarvan een ‘n voormalige immigrasiebeampte is, is gister in die hof vir kommersiële misdade in Nelspruit tronkstraf opgelê vir korrupsie.
Robert Booth (53) en Berry Victor Weigemoed (35) is elk tot agt jaar tronkstraf gevonnis, waarvan die helfte opgeskort is vir vyf jaar.
Hulle is in Maart deur die Valke aangekeer na plaaswerkers hulle verkla het.
Volgens kapt. Dineo Sekgotodi het hulle 12 buitelandse plaaswerkers met
asielsoekerstatus op Kingstonvalle-plaas buite Nelspruit genader en met arrestasie gedreig. Hulle het verder aangebied om hulle van papierwerk te voorsien teen betaling van R5000.

‘n Isuzu-bakkie wat vroeër die maand in Ivory Park, Gauteng, gesteel is, is Maandag by die Lebombo-grenspos teruggekry.
‘n 32-jarige Mosambiekse burger wat glo die bakkie met ‘n vervalste registrasiesertifikaat Mosambiek toe wou smokkel is aangekeer.
Hy sal binnekort in die Nkomazi-landdroshof verskyn vir die besit van ‘n gesteelde voertuig.
Brig. Selvy Mohlala sê dis waarskynlik dat hy ook aan ander misdade gekoppel sal word.


×