100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vier vandag in die hof na moord op Mbombela-sakeman

Written by on August 15, 2022

Vier verdagtes verskyn vandag in die hof vir die moord op 5 Augustus op Riaan van der Sandt.
Die 51-jarige eienaar van Koenic Dunlop Zone Nelspruit in Ou Pretoriaweg is Saterdag ter ruste gelê.
Die verdagtes is almal tussen 27 en 30 jaar oud. Hulle is vroeg Donderdagoggend aangekeer.
Die polisie soek na ‘n vyfde verdagte.
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, het ‘n gewapende groep die middag om ongeveer 16:00 vir Van der Sandt en sy werknemers oorval.
Hulle is met ‘n vuurwapen aangehou en die een is aangerand en forseer om die verdagtes na kluis te neem.
Hy het toe met die aanvallers in ‘n onderonsie betrokke geraak, en is noodlottig in die bolyf geskiet.
Hulle kon vlug met ‘n onbekende bedrag kontant.
‘n Vuurwapen is gekonfiskeer en word getoets om te bepaal of dit die moordwapen is.
Mohlala sê hulle word aangekla van moord, roof en besit van ‘n ongelisensieërde wapen en ammunisie.


×