100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Transitorowers gesoek na geldwa beroof is op Numbi-pad

Written by on August 12, 2022

‘n Groep transitorowers word gesoek na ‘n aanval op die R538 Numbi-pad in Mahushu naby Hazyview vanoggend.
Tussen 15 en 20 aanvallers het met R1, R5 en AK 47-vuurwapens op die Fidelity-geldwa losgebrand.
Hy het probeer wegry, maar is van voor deur ‘n voertuig gestamp om hom tot stilstand te dwing.
Plofstof is gebruik om die voertuig oop die blaas en die aanvallers het met ‘n onbekende bedrag kontant gevlug.
‘n Uitgebrande voertuig is agtergelaat op die toneel gevind.
Geen van die bemanning is geskiet nie, maar van hulle is hospitaal toe geneem vir behandeling.


×