100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vier ondervra na duisende liter dieseldiefstal

Written by on September 11, 2023

Die polisie in Komatipoort ondersoek ‘n saak van dieseldiefstal.
Vier mans is vir ondervraging ingeneem ná meer as 32 000 liter diesel gesteel is vanaf ‘n vragmotor wat Donderdagaand in Hectorspruit gekaap is.
Volgens die polisie het die bestuurder by ‘n vulstasie op die N4 gestop. Met sy terugkeer van ‘n kiosk is hy deur drie gewapende mans met ‘n vuurwapen aangehou en aangerand.
dieseldiefstal
Volgens ‘n polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, is die vragmotor gelaai met diesel naby Komatipoort agtergelaat na die diesel afgetap is.
Oplettende polisiebeamptes het JoJo-tenks langs die N4 in Hectorspruit opgemerk en by ondersoek bepaal hulle bevat diesel.
Luister hier:

Die ondersoek na die dieseldiefstal duur voort.
Sien ook: Man vas wat glo swanger vrou in Mbombela-middestad doodskiet
In Barberton verskyn drie verdagtes tussen 18 en 19 jaar oud na verwagting vandag in die hof op ‘n aanklag van moord.
Volgens die polisie is ‘n man van Eswatini in die vroeë oggendure van Saterdag by Kamadakwa in Barberton vermoor.
Die voorval het vermoedelik deur ‘n argument oor alkohol ontstaan.
Die slagoffer is gevind waar hy in ‘n plas bloed gelê het met veelvuldige beserings aan sy bolyf.
Gebreekte bierbottels met ‘n paar bloedvlekke is op die misdaadtoneel versamel.


×