100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Moord in Mbombela-middestad: Man vas

Written by on September 8, 2023

‘n Man is gisteraand in Louw’s Creek gearresteer in verband met die moord Woensdagoggend op ‘n vrou die Mbombela-middestad.
Die 36-jarige vrou was na vermoede swanger.
Volgens ‘n woordvoerder van die polisie, kol. Donald Mdhluli, was sy vroeg die oggend op pad werk toe, toe die verdagte (33) in ‘n wit Isuzu-bakkie verbygery en haar naby die taxi-halte geskiet het.
Die verdagte het van die toneel gevlug.
Die bakkie is dieselfde dag omstreeks 12:00 by Mara naby KaNyamazane buite Mbombela gevind.
Die polisie is later deur lede van die gemeenskap in kennis gestel waar die verdagte was.
Tydens sy arrestasie het die polisie ook ‘n pistool met ammunisie teruggekry wat deel van die ondersoek sal vorm.
Hy sal na verwagting Maandag in die Nelspruit-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord.
Luister hier:

Daar word vermoed dat die moord in die Mbombela-middestad verband hou met huishoudelike geweld.
Mdhluli sê nog aanklagte kan bygevoeg word namate die ondersoek vorder.
Die Mpumalanga polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela het haar waardering betuig aan die die provinsiale taakspan, speurders van Nelspruit en lede van die publiek vir die arrestasie.
Sien ook: Gru-ongeluk op N4 eis vragmotorbestuurder se arm


×