100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermiste driejarige lewend gevind in Masoyi

Written by on July 25, 2025

Die kleuter wat Sondagmiddag uit die erf van sy ouerhuis in Masoyi verdwyn het, is vanmiddag lewend gevind.

Die dowe driejarige Nkosingiphile (Ndwane) Ntiwane is in ‘n gat naby sy huis ontdek deur gemeenskapslede wat na hom help soek het.

Die ontdekking is om ongeveer 15:00 gemaak.

Volgens die Mpumalanga polisie se woorvoerder, brig. Donald Mdhluli, blyk hy ongedeerd te wees.

Hy is wel swak en moontlik gedehidreer en ontvang tans mediese behandeling.

Luister hier: 

Sien meer: Protesaksie in Masoyi na driejarige vermis raak – Radio Laeveld


Continue reading