100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende stropers tronk toe vir betreding

Written by on November 23, 2022

Twee vermeende stropers is gister in Skukuza tot effektief ses jaar tronkstraf gevonnis vir die onwettige betreding van die wildtuin, sameswering om ‘n misdaad te pleeg, oortreding van die Wet op Immigrasie en besit van ‘n gevaarlike wapen.
Muxiyi Nelyo Hlangwana (33) en Khensa Timote Chauke (23) is beide Mosambiekse burgers. Hulle is in April in die Krugerwildtuin aangekeer. Hulle het skuldig gepleit op die aanklagte teen hulle.
Lees ook: Renosterstroper moet 34 jaar sit
Volgens die polisie was hulle ook in besit van ‘n jaggeweer met ‘n knaldemper.
Brig. Selvy Mohlala sê hulle is nog nie op hierdie klagte gevonnis nie, omdat die ondersoek nog nie gefinaliseer is nie.


×