100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende rowers loop hul rieme styf

Written by on June 10, 2022

Drie vermeende rowers is gister in die Nelspruit-middedorp aangekeer. Die polisie het reageer op ‘n wenk oor verdagtes wat onwettige vuurwapens by hulle sou hê.
Die Isuzu-bakkie is in Brownstraat afgetrek en deursoek. Twee vuurwapens en ‘n sak kabelbande is gevind.
Volgens die polisie verwag hulle om die drie met sake in en om Nelspruit en Witrivier te verbind.
Die verdagtes, almal tussen 32 en 34 jaar oud, sal vandag in die hof verskyn, op aanklagte van die besit van onwettige vuurwapens.

Drie mans is ook by Malalane aangekeer. Hulle het na bewering ‘n RAM-afleweringsvoertuig naby Komatipoort beroof.
Hul Toyota Avanza is op die N4 afgetrek en 53 pakkies met onder meer selfone is in hul besit gevind. Hulle was ook in besit van ‘n vuurwapen wat geregistreer is in die naam van ‘n oorlede persoon.
Hulle sal na verwagting Maandag in die hof in Malalane verskyn.

Die polisie van Sabie, Pelgrimsrus, Dientjie en die Lydenburg honde-eenheid het eergister 19 verdagtes aangekeer in ‘n gesamentlike operasie in die Nkanini-informele nedersetting in Sabie.
Aanklagte teen die verdagtes wissel van onwettige mynbou tot die besit van onwettige myntoerusting en oortreding van die Wet op Immigrasie. Verskeie verdagtes kon daarin slaag om te vlug.

‘n Moordverdagte is verder Dinsdag, 7 Junie, in Lydenburg aangekeer, na ‘n man dood in ‘n gastehuis in die dorp aangetref is.
Hy is Sondag glo aangerand. ‘n 33-jarige verdagte is aangekeer.


×