100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

19 bly in aanhouding, vonnisse vir vier wat paspoorte vervals in Witrivier

Written by on March 2, 2023

Negentien vermeende onwettige immigrante van Bangladesj en Pakistan het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van die oortreding van die Wet op Immigrasie.
Hulle is Maandag tydens ‘n multidissiplinêre operasie in ‘n huis in KaMagugu aangekeer.
Lees meer: Vermeende onwettige immigrante verskyn in die hof
Hul “oppasser” wat ook van Bangladesj is, Juilah Isangs (45), word aangekla in terme van die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Mensehandel.
Volgens die Valke is die sake van mekaar verwyder en uitgestel tot 8 Maart om die dienste van ‘n tolk te bekom.
Intussen is vier mans Dinsdag in Witrivier gevonnis vir bedrog en korrupsie wat met onwettige immigrasie verband hou.
Faud Mohammed Ali (37), Christopher Marillier (39), Gabriel Samuel van der Merwe (33) en Sifiso Kheswa (31) het in 2021 en 2022 saam met ‘n amptenaar van die Departement van Binnelandse Sake gewerk om mense van Pakistan en Bangladesj te help om vervalste Suid-Afrikaanse paspoorte te bekom.
Volgens die Valke is elk ‘n boete van R100 000 of drie jaar tronkstraf opgelê vir oortreding van die Wet op Immigrasie sowel as ‘n boete van R40 000 of 12 maande tronkstraf.
Die verhoor van die amptenaar, Nhlanhla Mathebula (40), begin op 9 Maart.


×