100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verdagtes gesoek wat kitsbank in Hazyview beroof

Written by on January 10, 2023

‘n Groep van ongeveer vier gewapende verdagtes word deur die polisie gesoek na hulle in die vroeë oggendure ‘n kitsbank by ‘n vulstasie in Hazyview beroof het.
Volgens polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, het hulle om ongeveer 01:40 ingestorm en die petroljoggies en sekuriteitsbeamptes met wapens aangehou.

Hulle het ‘n kitsbank by die drankwinkel beskadig voor hulle die kitsbank by die vulstasie met plofstof oopgeblaas het.
Hulle het met ‘n onbekende bedrag kontant gevlug.

Niemand is beseer nie, en niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Die polisie sê hulle het moontlik ‘n blou Toyota Fortuner en ‘n Ford Everest gebruik.
Enigiemand met inligting is gevra om die polisie te kontak.


×