100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verdagtes gesoek na verkragting in Witrivier

Written by on June 4, 2020

Die polisie is op soek na twee mans wat Dinsdag na bewering ‘n 17-jarige meisie in Witrivier verkrag het.
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, was sy op pad huis toe van ‘n winkel toe sy deur die verdagtes oorval, in die bosse ingesleep en verkrag is.
Die mans het daarna gevlug en sy kon alarm maak.
Volgens Joe Pelser, veiligheidsvoorsitter van AfriForum-buurtwag in Witrivier, is hulle kort na 19:00 deur die polisie ontbied om met die soektog na die verdagtes te help.

Verskeie sekerheidsmaatskappye, onder meer Full Circle Sekuriteit en Hi-Tech Sekuriteit, het hand bygesit en ‘n groot area is gedek.
Volgens Pelser is selfs hommeltuie en ligfakkels ingespan, maar die soektog was onsuksesvol en is net na 22:00 laat vaar.
Die slagoffer was erg getraumatiseer en is per ambulans na ‘n hospitaal geneem.
Volgens Jchaan de Beer, Hi-Tech Sekuriteit se operasionele bestuurder vir Witrivier en Hazyview, word daar vermoed dat sy ook bedwelm is.

Die verdagtes is nog onbekend en geen arrestasies is gemaak nie.
Enigiemand met meer inligting kan die ondersoekbeampte kontak by 076-412-3601 of vir Pelser by 084-880-8291 of De Beer by 063-689-7961.

 


×